Posts Tagged ‘see’

h1

visn(slap)tjips

Januarie 27, 2009

die naweek het ek en my sewejarige ‘n bietjie kuslangs bettiesbaai toe gery om op die sandduine te gaan speel. op pad terug stop ek toe by ‘n winkeltjie op een van die dorpies langs die pad en koop vir ons vis en tjips om sommer langs die pad te gaan sit en eet.

teen R35 ‘n kop het ek gevoel is die prys miskien bietjie stewig vir ‘n stukkie hake en ‘n paar aartappels, maar daar is darem ook heelwat te sê van hoe ver mens op hierdie heilsame dis kan kom. so ek haal toe maar uit; ons vat die pad kuslangs en kry ‘n lekker kol om sommer so op die muurtjie te gaan sit en met ‘n uitsig middag te hou.

maar o weë, daar vind ek toe weer uit hoe waar die ou spreekwoord is: dit vat meer as ‘n visntjips winkel om visntjips te kan maak…

ok, daar is miskien nie so ‘n spreekwoord nie, maar daar behoort een te wees!

nou, ek gaan nie die winkeltjie (of die dorpie waar dit is) se naam noem nie, want my sewejarige het gesê sy hou daarvan; wat net wys, smaak verskil. kak smaak ook…

buite op die muur van die winkeltjie het een of ander grapkas (ek kan nie dink dat dit ‘n tevrede customer was nie) drie sterre met ‘n vet koki geteken en michelin chef daaronder geskryf. seker moontlik, alhoewel ek nie kan dink dat die amper nog rou aartappel en die bland vis regtig deur ‘n michelin chef gedoen sou wees nie.

wat ek wel seker is, is dat ‘n michelin chef ook nie sal weet hoe om visntjips te maak nie.

die spesifieke chef se claim to fame is dat die chips vars gemaak is – seker maar om seker te maak sy moenie te veel weggooi nie. dis sulke dik gesnyde skyfies wat mooi verm (dog, soos ek reeds genoem het, net neffens gaar) anderkant uitkom. saam met vis! uit ‘n visntjips winkel!

wattefok?

weet die mense nie dat vars vir ‘n visntjips winkel beteken dis daai selfde dag nog gemaak nie? nounet is ‘n toevalligheid. en die tjips moet net duskant mash wees. met so hier en daar ‘n lekker crispy ene tussenin. met sout en asyn. baie asyn. jou asem moet wegslaan as jy die pakkie so oopmaak.

die vis, aan die ander kant, moet lyk asof dit in olie gediepfraai is. met batter op. nie soos ‘n ding wat in ‘n ligte degie gedoop is en in ‘n pan gebraai is nie. ek wil nie vis onder die deeg sien uitsteek nie. en fokweetit, as dit dan nog so half blekerig is soos die velletjie wat op koffie lê wat lank gestaan het, moet jy liewers maar los.

gaan vra liewers vir ‘n portugees of ‘n griek hoe mens dit doen! hulle wéét. die naaste wat hulle seker kom aan michelin, is as hulle van daai vet wit mannetjie se taaiers op hulle ou fords sit.

maar gee vir hom ‘n stuk hake (en dit sal ‘n STUK wees, nie so ‘n pisserige flentertjie nie), en aartappels wit ‘n ordentlike, dikker-as-macdonalds-maar-dunner-as-jou-voël stukke gesny is, en hy skep vir jou ‘n meesterstuk.

vis n slaptjips. met baie asyn. mooi toedraai in daai wit waspapier goed. sodat ek kan weet, die pakkie wat hier langs my lê (of sommer so ‘n straat verder nog wag) is vol vis n tjips.

as ek gourmet vis soek, sal ek ‘n seared norwegian salmon by blues in kampsbaai gaan koop.

by die hoekwinkeltjie in iewerslangsnerens soek ek asseblief visntjips. met ekstra asyn.

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg