het in die geval bykans niks met mekaar uit te waai nie. nie in hierdie inskrywing nie in elke geval. eintlik wil ek net sien hoeveel hits ek kry as ek die twee kombineer, synde ek so baie gekry het deur net steve te gebruik.
jammer steve, as jy kopiereg op jou naam laat sit, gaan ek seker moet begin royalties betaal…
dankie hemelse vader, dat u nie u uitvinding gepatenteer het nie; dan moes ek seker daarvoor ook betaal. terloops, sommer dankie ook vir die uitvinding, want dis LEKKER! (en werk moerse goed vir hits trek)
Archive for the ‘steve se eie plekkie’ Category

steve en seks
Januarie 15, 2009
Steve en die illiterati
Januarie 13, 2009oftewel, ongeletterde chick fans.
en jammer steve, ek weet jy is nogal erg oor jou fans en kom graag op vir hulle; maar moenie slaan nie, ek het nogal gedink jou skoene is cool.
maar fokweetit, soos die comments hier gaan op die skrywes wat ek oor steve het, begin ek wonder of die girls nie liewers maar net moet gaan luister na hulle cds en staar na die huisgenoot centrefolds teen hulle kamermure nie.
ek het myself nog nooit uitgegee as ‘n fan nie; mag selfs een of twee keer skuins goed te sê gehad het oor steve. maar die kommentaar en aanvalle wat ek kry (tesame met die “los vir steve uit”s) was nog elke keer op my posts waarin ek nie eintlik vir steve aangevat het nie.
in die een betoon ek eintlik so skuinsweg bietjie simpatie/meegevoel met hom. maar natuurlik lees die dames toe weer net steve en doos raak. sien, al die maklike woorde. sit toe natuurlik die pot geheel mis en pis die hele vloer nat.
en gister kry ek toe kommentaar op die ander een. waar ek eintlik besig is om dozi aan te haal wat iets nasty sê oor steve. en my misnoë uitspreek met waar ons musiek/musiekante nou al loop draai het.
maar weereens het ek nou weer nie vir steve uitgelos nie. want ek het sy naam genoem. dit lyk my dozi se fans het bietjie meer breins, want nie een van hulle het nog gekla en gesê ek moet hom uitlos nie. myns insiens sit die spesifieke blog hom eintlik in ‘n slegter lig as vir steve.
girls (‘n term wat ek nie regtig graag gebruik nie, maar regtig die “dames” wat hier kommentaar gelewer het skyn net nie op ‘n hoër vlak as dit nie), get over it. steve jaag kak aan. mense kla daaroor. ander mense probeer hom nog verdedig. ek het deesdae meer simpatie met hom as vroeër – hy is nie op ‘n lekker plek in sy lewe nie – maar ek is nog steeds nie ‘n fan nie.
mans dink met hulle genitalië; so asb, hou op lees met julle s’n en lees wat ek geskryf het.
ps: ek haat tabloids. steve was verkeerd, maar ek dink nog steeds hy sou nie veel meer verkeerd gewees het as hy vir esmare weideman met die koppie ook gegooi het nie.