Archive for the ‘plekke’ Category

h1

ek mis build it

November 28, 2007

sommer baie.

so ‘n jaar of twee (selfs miskien drie) terug het daar ‘n baie lekker hardeware winkel buite tygervallei oopgemaak. by die nuwe willowbridge extension. dit was build it.

baie aande na werk op pad huis toe het ek eers daar gaan stop om bietjie af te wen ek tools te kyk. soms selfs ‘n ietsie te koop – maar meestal hout.

saterdae het ek en my jongste dogtertjie daarheen gegaan. ons outing vir die naweek. ek het hout gekoop en tools gekyk, sy het die diere gaan kyk (was veral impressed met die papegaai wat vir haar ‘n wolwefluit gegee het) en op die klimraam gaan speel. dit was vir ons altwee ‘n groot treat. al wat soms gehinder het, was dat jy nie jou gat kon draai nie of een van die verkoopsmense het jou gegroet of wou weet of hulle kan help.

toe koop mica dit en maak dit ‘n mega mica. die tools en hout is nog daar. die klimraam en die papegaai ook. die res van die diere nie. die oorvriendelike verkoopspersoneel ook nie.

die plek het ontaard in ‘n oorvol kettingwinkel. dis net so ‘n propvol warboel soos ‘n outydse algemene handelaar. maar sonder die karakter en persoonlikheid. en definitief sonder die handelaar.

skielik is daar net iets weg uit die plek. dis sonder persoonlikheid, ek ontspan nie, ek kry nie mense om my te help as ek hout soek nie; dis omtrent nog net die laaste oorblyfselfs van die ou build it personeel wat darem die ervaring van daar ingaan bietjie verbeter.

maar nie genoeg nie.

ek mis build it….