hoekom noem mens ‘n kategorie knievlak? wat het dit met alles uit te waai? iewers spring iemand weer op en af en sê jippie, hier’s ‘n christen wat nog weet hoe mens moet lewe. joeg!
as dit jy is wat nou hier lees, net kortliks ‘n storie wat ek so ‘n jaar of twintig terug gehoor het. dit handel oor daardie mondstuk van die duiwel, die pous en sy euwelike organisasie, die katolieke kerk.
speel af op st. peter se vierkant. ‘n bekende suid afrikaner is ‘n hoofkarakter in die storie. en koos van der merwe. so hier’s hy:
koos was baie nuuskierig oor die pous, veral oor hy so baie bad pr in die rsa gekry het – dit werk mos altyd beste om iets gesien, gelees of gewild te kry. so hy reël toe vir hom ‘n trip italië toe. in aanloop tot die groot geleentheid (waar die pous spesiaal op st. peter se plein sal kom gesels met die gepeupel) begin ou wên hom so half tussen die taljane inwurm. maak sommer gou pêls met ‘n klomp lekker olierige gorra morras. hulle sê toe vir hom dat hy nie sommer naby die pous sal kom nie, daai skwêr raak stampvol.
wên sê nee, die saak is reg, ‘n boer maak ‘n plan. hy gaan koop toe ‘n tent, coolerbox, tien meter wors en ‘n paar sixpacks bier. en maak hom tuis op die plein. heel voor.
op die groot dag sien sy tjommies toe die besigheid wat hier voor aan die gang is, en hulle dink nogal vandag kom hier groot fout. hulle kon sommer ook sien die swiss guards se pantaloons begin so bietjie wip kry. maar wên is al ‘n goeie paar dae se bier en wors in, en in die middel van ‘n rugbygame tussen engeland en frankryk oor die draadloos, so hy het ‘n saak met manne in tutus.
skielik stap die pous na wên toe en begin met hom praat en so half ‘n kruis beduie oor wên se areatjie, so alteveel of hy geseën word. die taljane is totaal verstom.
na afloop van die besigheid loop hulle vir wên by en vra hom hoe dit dan nou gekom het dat die pous hom geseën het? wên kyk hulle erg verbaas aan, en beduie dat dit nie ‘n seën was nie. daai ou in die rok het gesê, haal hy aan, “vat hierdie tent en fokof!” en toe nogal so ewe astrant beduie ook…
so, as jy nou al jou plek verloor het, en jy is die persoon wat ek na verwys het hier bo, gaan kyk dan weer.
die boodskappie hierbo uiteengesit is vir jou. so vat jou tent…
en nadat ons nou van die onnodige elemente ontslae geraak het, verder oor die kategorie.
knievlak is die hoogte waarvandaan my amper ‘n jaar oud seuntjie na my kyk. dis ook waar hy meeste van sy tyd probeer spandeer (ek verkies om hom in sy walker te sit, dan kan hy minder kwaad doen).
hierdie deel sal minder te doen het met dose en so (dis mos nou hier bo afgehandel), en baie moontlik ook baie minder sinies wees. want dit gaan oor hom. en sy uitkyk. en, soms, ook die van my ander twee kinders. meisiekinders. een ses, een 11.
die van julle wat 11-jarige meisies in die huis het mag dalk ook besef dat sy nie noodwendig soveel in die deel sal feature nie. dis mos maar van tieners. mens kan nie help om hulle lief te hê nie, maar soms is dit harde werk om van hulle te hou…
so, in kort, gaan hierdie kategorie oor die dinge van ‘n kind.