Archive for the ‘kinderplesier’ Category

h1

nogge nuwe gediggie

September 7, 2009

die slag voorgedra deur my inspirasie self…

ouma toep,
oupa halle poep!

h1

mykinderseverseboek

September 1, 2009

terwyl ek nou op ‘n roll is….

ou oom klasie het ‘n plasie
maar my klein klasie het net ‘n hasie

so al moe dit hier en mê dit daar
en al kekkel elke hoender aanmekaar
op oom klasie se plasie,
is dit stil in ons agterspasie

met net ‘n knibbel-knibbel hier
en ’n knabbel-knabbel daar
as die hasie elke grassie vier
en met die kat rondbaljaar

h1

kinderverseboek 2

Augustus 27, 2009

nog steeds vol inspirasie. net jammer ek kan nie so teken ook nie…

klasieklop klop ‘klasie
skink vir my ‘n glasie
dan drink ons oppie nasie

klap klap ‘klasie
kyk waar hol die hasie
ek dink hy het purgasie

klip klip ‘klasie
kyk hier issie stasie
maar nêrens issie baas’ie

kiek kiek ‘klasie
oppas vir daai blasie
jy’s noggie goed verbaas’ie

klik klik ‘klasie
kom ons kry ’n plasie
waar dit nie so baie raas’ie

h1

kinderverseboek

Augustus 19, 2009

ek het onlangs vir myself (en my kinders, natuurlik) die kinderverseboek aangeskaf. en toe natuurlik so bietjie inspireerd geraak. en al stel my seuntjie nog net belang in die monster op die buiteblad, hoop ek dat hy eendag die darem ook sal waardeer:

huppel hop
skewe drop
huppel spring
in ’n kring
vat ’n bal
skop hom mal
kry ’n klip
laat dit flip
soek ’n stok
kielie ’n bok
jaag ’n kat
innie pad
skree maar weer
vir meer-n-meer
buitekind
vangie wind
wille jong
pa se klong

h1

Kindersêgoed 2

Maart 25, 2009

en net na ek my ou blokkie geskryf het bring my 13 jarige die een op. sy is kliphardegat en dik bedonnerd; voel blykbaar kwaad en hartseer. MAAR DIT IS NIE PMS NIE!
en so in die gesprek oor haar pms, vertel sy toe vir ons maar seuns se pms is heel anders.
hulle kry wet dreams…
dit verklaar soooo baie.

h1

Kindersêgoed

Maart 25, 2009

my mak bobbejaantjie het gisteraand, na ek vir hom droë brood gegee het, teruggekom en gevra ek moet dit vryf…

h1

kewtste

February 5, 2008
verycute.jpg
h1

tandemuis

Januarie 14, 2008

muismy kleinmeisie het haar tweede voortand verloor. net betyds vir graad 1.

in ons huis kom haal talienkie tandemuis die tand (dankie vir daai een, annelize bester). maar talienkie is nie baie populêr op die stadium nie, sy’s te suinig. gee net R5 vir ‘n tand. gelukkig het sy haar tweede tand by haar pa in stellenbosch verloor (ja, ons is een van daai moderne gesinne). en die stellenbosch muise is meer vrygewig. sy het R10 daar gekry.

ook maar goed, want daar is gruwelike dreigemente gemaak oor die tande valuta wat so laag is. ek sal seker maar nog bietjie moet werk aan die gierigheid daar…

elke geval, as die geleentheid hom ooit voordoen en jy deur ‘n haasbek in die gesig gestaar word, treat jouself en probeer om hom/haar te kry om “surf’s up” te sê….