Archive for Januarie, 2009

h1

visn(slap)tjips

Januarie 27, 2009

die naweek het ek en my sewejarige ‘n bietjie kuslangs bettiesbaai toe gery om op die sandduine te gaan speel. op pad terug stop ek toe by ‘n winkeltjie op een van die dorpies langs die pad en koop vir ons vis en tjips om sommer langs die pad te gaan sit en eet.

teen R35 ‘n kop het ek gevoel is die prys miskien bietjie stewig vir ‘n stukkie hake en ‘n paar aartappels, maar daar is darem ook heelwat te sê van hoe ver mens op hierdie heilsame dis kan kom. so ek haal toe maar uit; ons vat die pad kuslangs en kry ‘n lekker kol om sommer so op die muurtjie te gaan sit en met ‘n uitsig middag te hou.

maar o weë, daar vind ek toe weer uit hoe waar die ou spreekwoord is: dit vat meer as ‘n visntjips winkel om visntjips te kan maak…

ok, daar is miskien nie so ‘n spreekwoord nie, maar daar behoort een te wees!

nou, ek gaan nie die winkeltjie (of die dorpie waar dit is) se naam noem nie, want my sewejarige het gesê sy hou daarvan; wat net wys, smaak verskil. kak smaak ook…

buite op die muur van die winkeltjie het een of ander grapkas (ek kan nie dink dat dit ‘n tevrede customer was nie) drie sterre met ‘n vet koki geteken en michelin chef daaronder geskryf. seker moontlik, alhoewel ek nie kan dink dat die amper nog rou aartappel en die bland vis regtig deur ‘n michelin chef gedoen sou wees nie.

wat ek wel seker is, is dat ‘n michelin chef ook nie sal weet hoe om visntjips te maak nie.

die spesifieke chef se claim to fame is dat die chips vars gemaak is – seker maar om seker te maak sy moenie te veel weggooi nie. dis sulke dik gesnyde skyfies wat mooi verm (dog, soos ek reeds genoem het, net neffens gaar) anderkant uitkom. saam met vis! uit ‘n visntjips winkel!

wattefok?

weet die mense nie dat vars vir ‘n visntjips winkel beteken dis daai selfde dag nog gemaak nie? nounet is ‘n toevalligheid. en die tjips moet net duskant mash wees. met so hier en daar ‘n lekker crispy ene tussenin. met sout en asyn. baie asyn. jou asem moet wegslaan as jy die pakkie so oopmaak.

die vis, aan die ander kant, moet lyk asof dit in olie gediepfraai is. met batter op. nie soos ‘n ding wat in ‘n ligte degie gedoop is en in ‘n pan gebraai is nie. ek wil nie vis onder die deeg sien uitsteek nie. en fokweetit, as dit dan nog so half blekerig is soos die velletjie wat op koffie lê wat lank gestaan het, moet jy liewers maar los.

gaan vra liewers vir ‘n portugees of ‘n griek hoe mens dit doen! hulle wéét. die naaste wat hulle seker kom aan michelin, is as hulle van daai vet wit mannetjie se taaiers op hulle ou fords sit.

maar gee vir hom ‘n stuk hake (en dit sal ‘n STUK wees, nie so ‘n pisserige flentertjie nie), en aartappels wit ‘n ordentlike, dikker-as-macdonalds-maar-dunner-as-jou-voël stukke gesny is, en hy skep vir jou ‘n meesterstuk.

vis n slaptjips. met baie asyn. mooi toedraai in daai wit waspapier goed. sodat ek kan weet, die pakkie wat hier langs my lê (of sommer so ‘n straat verder nog wag) is vol vis n tjips.

as ek gourmet vis soek, sal ek ‘n seared norwegian salmon by blues in kampsbaai gaan koop.

by die hoekwinkeltjie in iewerslangsnerens soek ek asseblief visntjips. met ekstra asyn.

h1

nuwe bure

Januarie 15, 2009

ons het nuwe bure. hulle het die begin van januarie ingetrek. ons het gisteraand kennis gemaak en sommer lekker daar oor die vibracrete muur gestaan en gesels.

dis die eerste keer dat ons kennis maak met ons bure, seinde nie ek of vroulief oordadig mens georienteerd is nie. die enigste ander keer wat ons die bure ontmoet het, was toe vroulief die buurvrou gaan uitkak het oor haar kat wat met ons kat moles gemaak het; ek het agterna getou om seker te maak die kat uitkak ontaard nie in ‘n catfight nie…

ewentewel, die skrywe gaan nie oor ons wat kak bure is nie.

my nuwe bure is blogbaar; dis will en grace!

nie soos op die tv nie; grace het meer lyf (en regte boobs), en will lyk meer soos jack as will.
sy is engels (maar haar afrikaans is glad nie sleg nie). hy is ‘n gay oukie van die platteland. kompleet met ‘n brei.

saam met hulle is daar twee honde en vier katte.

ek moet bieg, dis nogal lekker om ‘n slag jou bure te ken. en ek dink dis ‘n moerse treat om ‘n slag bure te hê wat regtig interessant is. of dan buitengewoon.

ek vermoed die mooi manne wat gaan party hou anderkant die konkreit gordyn gaan ook ‘n treat vir my tienerdogter wees – sy hou van na mooi mans kyk. en dié is die tipe manne wat ek glad nie omgee as sy kyk nie. sy kan maar gesels ook.

so die ene is vir die vreugde van nuwe bure. ‘n sitcom op my drumpel.

h1

steve en seks

Januarie 15, 2009

het in die geval bykans niks met mekaar uit te waai nie. nie in hierdie inskrywing nie in elke geval. eintlik wil ek net sien hoeveel hits ek kry as ek die twee kombineer, synde ek so baie gekry het deur net steve te gebruik.
jammer steve, as jy kopiereg op jou naam laat sit, gaan ek seker moet begin royalties betaal…
dankie hemelse vader, dat u nie u uitvinding gepatenteer het nie; dan moes ek seker daarvoor ook betaal. terloops, sommer dankie ook vir die uitvinding, want dis LEKKER! (en werk moerse goed vir hits trek)

h1

Steve en die illiterati

Januarie 13, 2009

oftewel, ongeletterde chick fans.

en jammer steve, ek weet jy is nogal erg oor jou fans en kom graag op vir hulle; maar moenie slaan nie, ek het nogal gedink jou skoene is cool.

maar fokweetit, soos die comments hier gaan op die skrywes wat ek oor steve het, begin ek wonder of die girls nie liewers maar net moet gaan luister na hulle cds en staar na die huisgenoot centrefolds teen hulle kamermure nie.

ek het myself nog nooit uitgegee as ‘n fan nie; mag selfs een of twee keer skuins goed te sê gehad het oor steve. maar die kommentaar en aanvalle wat ek kry (tesame met die “los vir steve uit”s) was nog elke keer op my posts waarin ek nie eintlik vir steve aangevat het nie.

in die een betoon ek eintlik so skuinsweg bietjie simpatie/meegevoel met hom. maar natuurlik lees die dames toe weer net steve en doos raak. sien, al die maklike woorde. sit toe natuurlik die pot geheel mis en pis die hele vloer nat.

en gister kry ek toe kommentaar op die ander een. waar ek eintlik besig is om dozi aan te haal wat iets nasty sê oor steve. en my misnoë uitspreek met waar ons musiek/musiekante nou al loop draai het.

maar weereens het ek nou weer nie vir steve uitgelos nie. want ek het sy naam genoem. dit lyk my dozi se fans het bietjie meer breins, want nie een van hulle het nog gekla en gesê ek moet hom uitlos nie. myns insiens sit die spesifieke blog hom eintlik in ‘n slegter lig as vir steve.

girls (‘n term wat ek nie regtig graag gebruik nie, maar regtig die “dames” wat hier kommentaar gelewer het skyn net nie op ‘n hoër vlak as dit nie), get over it. steve jaag kak aan. mense kla daaroor. ander mense probeer hom nog verdedig. ek het deesdae meer simpatie met hom as vroeër – hy is nie op ‘n lekker plek in sy lewe nie – maar ek is nog steeds nie ‘n fan nie.

mans dink met hulle genitalië; so asb, hou op lees met julle s’n en lees wat ek geskryf het.

ps: ek haat tabloids. steve was verkeerd, maar ek dink nog steeds hy sou nie veel meer verkeerd gewees het as hy vir esmare weideman met die koppie ook gegooi het nie.