Archive for Januarie, 2008

h1

steve, dozi en liewe jesus.

Januarie 28, 2008

ek sien die volgende aanhaling in ‘n artikel in sondag van ‘n stelling wat deur dozi gemaak is:

“Iemand in die bedryf het al gesê die enigste verskil tussen Steve en Liewe Jesus is dat Liewe Jesus nie elke dag dink hy is Steve Hofmeyr nie.”

ai, waar is die dae toe valiant nog die mystic boer was en koos nog gesing het?

h1

ligte uit

Januarie 25, 2008

ligteuit.gifek sien ons word nou aangemoedig om ons ligte af te skakel om die kragkrisis te help inperk. die manier gaan ons nog, wanneer die kragkrisis opgelos is, met ‘n bevolkingskrisis gaan sit.

h1

hot hot hot

Januarie 25, 2008

angel.jpgek het ‘n hot post! yay!

en nee, hier is geen kaalgat seks deur lebanese nie…

maar ek werk my nog op na tiener masturbasie. wil net nie vandag al wordpress laat crash nie…

h1

afskeep diewe

Januarie 24, 2008

Berig op News24:

Stolen cow sat on car back seat
 
Kuala Lumpur – Thieves in Malaysia stole an adult cow, squeezed it into the back seat of a car and drove off with it, but abandoned the animal when the getaway vehicle crashed into a tree, police said on Thursday.

The cow, injured in the crash, was slaughtered by villagers.

The thieves managed to push the cow into the back of a mid-sized sedan on Tuesday night, but were spotted by villagers who gave chase, said a local police official in the northern state of Kedah. He declined to be named, citing protocol.

The driver lost control during the chase and drove into a tree, injuring the cow, he said. By the time villagers got to the crash site, one person was seen running from the car, but police believe more people were involved in the theft, the official said.

It was not clear how they managed to push the cow into the car or whether the animal had been sedated.

A blurry photograph in the New Straits Times daily showed the cow’s head with closed eyes sticking out of the back seat window of the crashed car.

ek wil darem net met bietjie vaderlandstrots sê dat, as dié in SA gebeur het, daar minstens nog twee koeie en ‘n bok by wees…

 o ja, ps: seks.

h1

sex sells

Januarie 22, 2008

spin2.pnghier gebruik ek die ou klein vierletter woordjie gister op my blog, en skielik klim my stats sommer lekker (selfs ‘n plekkie op botd!). wys jou net. ek wonder of ek nie seks moet begin inglip in al my blog entries nie.

nou nie die rowwe, sweterige, wag-maak-plek-dat-ek-daai-kant-kan-kom, wie-gaan-die-lakens-die-slag-was tipe seks nie. ook nie die bok-bok-staan-styf-hoeveel-gate-op-jou-lyf, moaning-top-volume, drie-kaal-girls-vir-een-man, lesbian, brazilian en enige ander tipe kommersiële seks nie.

sommer net die woordjie. in ‘n tag, in die body. van my blog, man!

miskien selfs ‘n skurwe prentjie of twee inglip! voor jy weet kan ek dalk nog begin geld vra…

maar laat ons darem nou erken, lekker was nog nooit sleg nie.

en seks is nou maar eenmaal LEKKER!!! 

h1

daai lekke doos…

Januarie 21, 2008

lekkedoos.jpgdis daai ene waaroor (in?) steve hofmeyer so maklik en graag struikel.

soos hulle sê, wat is erger as ‘n kartondoos? ‘n houtvoël. maar duidelik is hier een plek waar nie een van die twee voorkom nie.

ek hou nie van steve nie, ek dink hy’s ‘n arrogante poephol. dis maar met wrewel in my hart wat ek moet erken dat ek tog nogal vir pampoen geniet, en dat ek soms lekker saamsing op laaities en lydies.

maar dan moet ek ook sê, as ek famous en populêr was, en die mooi jong goedjies met die stywe boudjies en opwiptieties (wat ‘n gym instruktrise sekerlik net nog meer sal wees) kom gooi hulle voor my voete neer, sou ek kon nee sê?

sug.

maar dan weer, as dit so was, sou ek ooit getrou het? maar hier moet ek mooi trap, my vrou lees ook soms my blog. but you get my drift…

ek skat noudat ek wel getroud is sal ek verkies om te glo dat ek nie sal begin pap skep as die reën neerdaal nie. maar ek is gelukkig, dit sal nie sommer getoets word nie.

so, terwyl ek nie vir steve wil opkom nie, moet mens darem ook net sê, spuls het nie brieke nie.

soos koos kombuis dit so mooi gesê het in sy outobiografie “mans is dose en vrouens het dose.”

h1

shaik en rapport

Januarie 18, 2008

dit lyk my noudat shaik in die tronk sit, probeer zuma sy inkomste uit rapport  kry…

h1

tandemuis

Januarie 14, 2008

muismy kleinmeisie het haar tweede voortand verloor. net betyds vir graad 1.

in ons huis kom haal talienkie tandemuis die tand (dankie vir daai een, annelize bester). maar talienkie is nie baie populêr op die stadium nie, sy’s te suinig. gee net R5 vir ‘n tand. gelukkig het sy haar tweede tand by haar pa in stellenbosch verloor (ja, ons is een van daai moderne gesinne). en die stellenbosch muise is meer vrygewig. sy het R10 daar gekry.

ook maar goed, want daar is gruwelike dreigemente gemaak oor die tande valuta wat so laag is. ek sal seker maar nog bietjie moet werk aan die gierigheid daar…

elke geval, as die geleentheid hom ooit voordoen en jy deur ‘n haasbek in die gesig gestaar word, treat jouself en probeer om hom/haar te kry om “surf’s up” te sê….

h1

‘n anderste doos

Januarie 9, 2008

sedoos.gifof liewers, ‘n ander sedoos.

die gedagte het gister laatmiddag by my opgekom, toe ek die pad stasie toe aangepak het, en die kaapse dokter my herinner het dat hy ook nog hier is.

sedoos is vir my ‘n vreeslike mooi naam, eintlik, en beskryf nogal redelik raak (op ‘n verskeidenheid maniere) hoe dié dikwels onaangename luggie in die kaap rondroer. dis ook een van daai woorde wat so reg uit die volksmond kom wat ek so vreeslik baie geniet. afrikaans met woema.

gister se roering was sekerlik nie naastenby so erg soos wat ek al hier rond gevoel het nie. maar tog, na ek om die hoek gestap het en dit amper gevoel het asof my bene gaan rondgeruk word soos ‘n marionet wat deur ‘n ou met parkinsons beheer word, het ek heel geinspireer gevoel.

so tussen die blare en vuilgoed wat so elke nou en dan ‘n gat deur my gedagtegang kom waai het, het ek toe begin dink oor die wind. oor hoe hy by die burgersentrum verby op ‘n lekker dag in ‘n tonnel afkom, en met twee – soms selfs drie – gemaal word. om daar oor die pad te loop op so ‘n dag, is ‘n ekstriem sport wat meer gevare inhou as bungyjump (as die windjie jou hier skep ruk niks jou terug nie).

toe hardloop my kop weer oor na maandag oggend se beriggie op kfm. oor muizenberg wat die naweek toegemaak is. as gevolg van die probleem met “stingrays” wat soveel mense beseer het. o wag, daar was ‘n paar beserings van mense wat op mosselskulpe getrap het en gedink het dis stingrays.

hulle het selfs ‘n onderhoud met iemand gehad om te sê dat dit maar elke jaar so is as die suidoos gewaai het.

vreemd.

dis die eerste jaar dat ek van die stingrays gehoor het.

teen ontbyttyd het ons (die breakfast club, soos ons onsself al die laaste vyf jaar noem) om die tafel uitgewerk dat dié in werklikheid toe nie die stingrays was wat vir steve irwin die ewigheid ingehelp het nie. die’s die ander soort, daai met die bubbles en die lang blou sterte.

kfm se regte joernaliste is seker nog met vakansie…

dit was darem ‘n goeie begin vir my werksjaar, met die tikkie humor.

elke geval. so ruk die wind my toe nou half uit my draai uit, en ek sien rondom my druk die mense ook maar skuins vooroor. iemand maak in die verbygaan nog ‘n simpatieke aanmerking teenoor ‘n vriend oor haar ma wat met ‘n rok aan kom werk het.

innige simpatie tannie, maar moet net nie te styf vashou nie, as ‘n rok hier wind skep, gaan jy kitesurf…

nou ek weeg (hopelik) dig neffens die regte kant van 100kg. ek was nog nie op ‘n skaal na krismis nie, want dan kan ek aanhou om so te glo. en tog kan die ou windjie my nogal soms laat stilstaan.

maar hy word ook die kaapse dokter genoem. want hy maak skoon.

sommige dae, as die wind nie waai nie, is die lug bokant en rondom tafelberg bruin van die vuilgeid. dan kom die sedoos, en skielik is die kaap weer, um, hollands…

gister se sedoos het my swartgalligheid ook weggewaai.

so vandag is beter.

h1

2008 blues

Januarie 8, 2008

2008.

nog ‘n jaar. en ek voel totaal swartgallig.

ek hou nie van kersfees nie. of nuwe jaar nie. behalwe vir die presente. dis lekker.

die kersfees was besonder erg. dit het gevoel asof ek deur dood omring was – nie werklik naby my nie, maar naby genoeg om ‘n impak te hê. al ooit opgelet hoe dit lyk asof meer mense rondom kerstyd doodgaan? so asof selfs die lewe ‘n oorontwikkelde sin vir die dramatiese het?

my ma beweer sy voel aan as iemand gaan doodgaan. en sy het dit vir die pas afgelope kersfees gevoel. ek ook. miskien is dit net my astronomiese sinisme wat ingeskop het, maar dis asof ek dit verwag het – nie oor ‘n ekstra sintuig nie, maar bloot omdat dit kersfees is. oor ek al meer voel dat iewers is iets of iemand – die lewe, die natuur, god, noem dit wat jy wil – wat ‘n verwronge sin vir drama het.

so kersfees is darem verby – en blykbaar die sterftes ook – maar nou is die nuwe jaar hier. benazier bhutto het suksesvol selfmoord gepleeg, die paris dakar rally is afgestel, en die derde wêreldoorlog is met ons. lankal. en ek weet nie wat dit die jaar gaan oplewer nie. nog ‘n 9/11? nog ‘n 7/7? (handig dat laasgenoemde gebeur het wanneer dit gebeur het, dink net hoe verwarrend dit kon raak as dit op die agtste gebeur het – die amerikaners praat van 7/8 en die britte van 8/7).

alhoewel ons darem redelik buite die grense van dié spesifieke oorlog val. nie dat ons te gou bly kan raak nie, ons het ons eie oorlog. daar is nog stede plekke in suid-afrika wat meer gevaarlik as baghdad is.

dis die jaar waarin ek 36 word. dit voel of ek nou oud word, want ek is vinnig op pad 40 toe. en, selfs nou nog, klink 40 vir my oud.

en soos ek ouer word, begin ek skielik alles anders sien. meer swartgallig, dink ek.

ek kom nou al lank met my mense, en heeltemal te lank sonder dat enigiets werklik sleg met enige van hulle gebeur het. maar soos ek na die nuwe jaar kyk, sien ek skielik dat, saam met my ouer word, kom die ouer word van die mense vir wie ek omgee. my pa, wie se hart klaar nie goed is nie. my ma, wat, iewers tussen die ippekonders deur dalk wel regtig iets kan makeer. my oupa en ouma is altwee al aan die verkeerde kant van negentig, maar oor hulle bekommer ek nie so baie nie, die laaste klompie jare was almal hulle laaste. ek sal nie verbaas wees as hulle my nog oorleef nie.

en vandat ek pa geword het, is dit ook nog by. skielik is ek bang. bang vir my seuntjie; ek besef hoe broos mense werklik is, hoe maklik hulle iets kan oorkom. en hoe min ek daaraan kan doen…

ek haat jaarsoorgange – elkeen is soos ‘n klein dood, sonder dat ek die vreugde van die geboorte weer meemaak.

gelukkig lê februarie vlakby.

ek hou van februarie.