Archive for December, 2007

h1

hoekom daar nie ‘n pr departement in die hel is nie

December 14, 2007

presscross.pngvoorwaarts christen stryder, gryp jou selfoon en sms die duiwel in sy donner in…

maar, as ek dan die bekende h. ulle hier kan aanhaal, “there is no publicity like bad publicity.”

so, terwyl die hel sekerlik sy eie hoekie het net vir pr mense, is ek oortuig daarvan dat daar nie sodanige departement in die warmste van warmstes bestaan nie.

die skrywe begin as gevolg van die golden compass debakel. ek weet dis al ou nuus, maar ek was besig, hierdie lê al onder my saved items vir amper twee weke.

my ontmoeting met die hele storie het gekom toe my ma spesiaal my vrou gebel het om haar te waarsku dat ons nie ons kinders na die fliek toe moet vat nie. dit nogal na oorlegpleging met my suster, wat vir haar gesê het die fliek/skrywer is satanisties. ek dink dit het my amper meer onstel – ek het meer van my suster verwag.

oor my ma – vir wie ek baie lief is – moet ek seker net eers die volgende verduidelik. sy kom van die platteland af. is ‘n predikantsvrou (afgetree). diep godsdienstig. naief. en vol illusies.

ongelukkig is daar soms nog onder die kleiner plattelandse gemeenskappe nog hierdie afgeslotenheid, ‘n puriteins calvinistiese mentaliteit wat maar baie min buite die hoofkleure op ‘n teerpad toelaat (die soort sonder geel en rooi strepe). so dis my ma, soms oopkop, maar sy rond dit vinnig af met tonnelvisie.

haar groot motivering teen die fliek was die teenwoordigheid van demone (ook blykbaar die melding dat ons almal demone in ons het). o, en dis ‘n ripoff van narnia. elke geval, behalwe vir die ripoff van narnia, het die demone ding sommer ‘n goeie klomp (van my gunsteling) flieks en boeke tot satanisme verdoem.

ek hoop maar nog sy sal nie die sms veldtog join nie, maar ek weet ook nie.

maar genoeg oor haar. sy is wie sy is. steven covey gaan nie meer iets aan haar paradigmas kan doen nie.

die golden compass is egter slegs die jongste in ‘n hele reeks christen veldtogte. bietjiedag was dit deon maas. ek onthou maretha maartens het op ‘n kol harry potter hel toe verdoem. koos kombuis se dagboek was ook al in die teiken. nog verder terug kan ons seker ook vir magersfontein oproep. die lys word net al langer.

ek wonder hoeveel van die mense wat met die huidige veldtog aangaan het die golden compass gelees? of die fliek gesien? weet hulle enigsins hoekom hulle teen die fliek baklei? of is dit net omdat die skrywer ‘n ateis is (die satanis deel kan ek begryp – ek is net nie seker of dit enigsins werklik blatant gesê word nie, of net tussen die lyne deur interpretatiewe lesers opgetel word nie).

God sou sekerlik ateiste moes skep as hulle nie daar was nie. mense gaan so vreeslik aan oor hulle, maar het enigiemand al gehoor wat se vurige zealots hulle kan wees? mens voel dat hulle ‘n geloof maak van ateisme, en dat, om so vurig teen God te stry, jy eintlik maar in sy bestaan moet glo.

dis meer die mense wat nie omgee nie wat daar na gekyk moet word.

ewentewel, dit dan die golden compass. wat my nie uitsonderlik aangetrek het toe dit uitgekom het nie. dit doen nou.

ek het myself voorgeneem om, na hotel atlantis, nie weer ‘n koos kombuis boek te lees nie. ek hou te veel van hom om myself so te laat onstel. want face dit, hy’s ‘n wonderlike digter, ek was mal oor sy outobiografie, maar hy is werklik ‘n kak letterkundige. so hoekom hy letterkunde probeer skryf, weet nugter.

ek het dus geen belangstelling in God’s Secret Diaries gehad toe dit uitgekom het nie. ek het wel nadat die veldtog van loop gesit is (maar kon myself nietemin nie so ver kry om dit te lees nie).

maretha maartens se bohaai oor harry potter (na aanleiding van ‘n artikel op onion) is natuurlik ook reg in lyn met hierdie saak. onion, vir die wat nie weet nie, is ‘n aanlyn koerant wat spoof artikels skryf. dus, stront.

o, en net so as ‘n tussenwerpsel hier, ooit opgelet hoe naspers/media24 hardloop met die soort berigte? raai net bietjie hoeveel uitgewers het hulle onder hulle vaandel?

elke geval, ek is nie ‘n harry potter fan nie, maar ek het al van die boeke gelees, en ek dink tannie maretha se veldtog kan op dieselfde vlak gesit word as onion se artikels. net minder snaaks.

o, en moet tog nie die groot sukses van die christen volkie vergeet nie! magersfontein, o magersfontein. die boek (van ettiene van heerden, dink ek, kan nie nou opsoek nie, ons internet konneksie is af) is in die sewentigs met sukses verban na ‘n groot veldtog wat deur ‘n dominees uit die vrystaat van stapel gestuur is.

‘n joernalis het hom later gevra watter deel van die boek hom dan die meeste geaffronteer het. sy antwoord? hy weier om sy brein te bevuil deur sulke gemors te lees…

vir magersfontein het ek wel gaan lees. my brein het nie bevuil gevoel nie, maar ek het self gedink dis gemors. vervelig. die bietjie seks wat daar was (ek dink dit was die hoofrede hoekom dit verban was) was, om die minste te sê, medioker.

dit was net as gevolg van pr werk deur ‘n groep toegewyde christene wat hierdie boekie sy kultus status bereik het!

h1

bad news

December 13, 2007

ek het vanoggend slegte nuus gekry…

http://www.thesun.co.uk/sol/homepage/news/article575384.ece

atent.gif

al wat ek kan sê is “may you remain that way for much longer!” 

h1

verkluimde vuurhoutjiedoossmouse et al

December 7, 2007

vuurhoutjies1.pngonthou nog die storie van die arm dogtertjie wat sit en vuurhoutjies verkoop het buite in die sneeu oor kersfees? in flenterklere omdat sy wees is? en toe die roete van rachel de beer gevolg het? maar genadiglik is haar siel toe mos darem deur engele kom haal? ja, sy.

my skrywe gaan nou nie vandag eintlik oor haar nie. dit gaan meer oor mense, en hoekom hulle so van die storie hou. nou nog.

ek luister soggens/smiddae/wanneer hulle dit ook al in my keelgat kan afdruk na uittreksels uit kfm (ja, ek is in die kaap) se krismis wish. die konsep hier agter is dat iemand iemand anders wat ‘n vreeslike treurige lewe het nomineer om dan iets spesiaal te ontvang. omdat dit mos nou krismis is – the time of giving.

wat my die meeste opval, is hoeveel energie daaraan bestee word om die goed so tranetrekkerig as moontlik te maak. en baie luisteraars huil as hulle die mense se stories hoor. en ja, dit is hartseer. maar, en hier lê die crux, dis ook in ‘n groot mate PRIVAAT!

ek dink deel van die lekker van huil oor ander mense se smart is dat dit nie joune is nie. jy kan jou half verlekker in die sensasie daarvan – sodra jy daar klaar is kan jy op die internet klim en rotten.com besoek – sonder dat jy enigsins dit self hoef te beleef. face it, ons leef in ‘n samelewing vol huisgenoot en son lesers.

laat my nogal terugdink aan ‘n tyd, so ‘n paar jaar terug, toe ek as supervisor in ‘n wingerd gewerk het. my werk was basies om te sien dat die vrouens wat die plukwerk doen nie net die heeltyd sit en gesels nie, maar darem af en toe pluk ook.

nou laat ek sommer hier sê, vir die kleurling plaaswerkers van die land het ek ‘n sagte plekkie. hulle is ‘n kultuur op hulle eie, en mens kan jou soms diep verlekker in hulle stories en sêgoed.

wat my nou aan die spesifieke tyd laat dink was ‘n gesprek wat ek eendag tussen die klomp vrouens gehoor het. die een vrou – ek vergeet haar naam – was ‘n regte kaartmannetjie (vroutjie?). kostelik. sy het toe die dag vertel hoe sy oor naweke begrafnisse bywoon. sommer soos in gatecrash bywoon. enigiemand s’n. met ‘n sterk dop onder die gat ook nog. iemand anders het haar toe gevra hoekom sy dit doen. waarop sy toe antwoord:

 ”want ek huil dan so lekker!”

miskien het ons dan maar almal af en toe ‘n bietjie huil nodig om die siel skoon te was.

tog, ek haat sensasie.

en hoekom kry mens die indruk dat mense slegs oor kersfees gehelp moet word? en hoekom moet hierdie spesifieke kerskaartjie ‘n sensasionele smart randjie hê?