ek sien nogal uit na die einde van die week. wanneer hordes suid-afrikaners verplig sal wees om nakend die strate in te vaar, synde die stakende tekstielbedryf hulle klereloos gelaat het.
dit sal amper net soveel pret wees as die amperse inval wat ons gehad het toe die weermag gestaak het.

suid-afrikaners naak gelaat
September 14, 2009
nogge nuwe gediggie
September 7, 2009die slag voorgedra deur my inspirasie self…
ouma toep,
oupa halle poep!

mykinderseverseboek
September 1, 2009terwyl ek nou op ‘n roll is….
ou oom klasie het ‘n plasie
maar my klein klasie het net ‘n hasie
so al moe dit hier en mê dit daar
en al kekkel elke hoender aanmekaar
op oom klasie se plasie,
is dit stil in ons agterspasie
met net ‘n knibbel-knibbel hier
en ’n knabbel-knabbel daar
as die hasie elke grassie vier
en met die kat rondbaljaar

kinderverseboek 2
Augustus 27, 2009nog steeds vol inspirasie. net jammer ek kan nie so teken ook nie…
klop klop ‘klasie
skink vir my ‘n glasie
dan drink ons oppie nasie
klap klap ‘klasie
kyk waar hol die hasie
ek dink hy het purgasie
klip klip ‘klasie
kyk hier issie stasie
maar nêrens issie baas’ie
kiek kiek ‘klasie
oppas vir daai blasie
jy’s noggie goed verbaas’ie
klik klik ‘klasie
kom ons kry ’n plasie
waar dit nie so baie raas’ie

kinderverseboek
Augustus 19, 2009ek het onlangs vir myself (en my kinders, natuurlik) die kinderverseboek aangeskaf. en toe natuurlik so bietjie inspireerd geraak. en al stel my seuntjie nog net belang in die monster op die buiteblad, hoop ek dat hy eendag die darem ook sal waardeer:
huppel hop
skewe drop
huppel spring
in ’n kring
vat ’n bal
skop hom mal
kry ’n klip
laat dit flip
soek ’n stok
kielie ’n bok
jaag ’n kat
innie pad
skree maar weer
vir meer-n-meer
buitekind
vangie wind
wille jong
pa se klong

Kindersêgoed 2
Maart 25, 2009en net na ek my ou blokkie geskryf het bring my 13 jarige die een op. sy is kliphardegat en dik bedonnerd; voel blykbaar kwaad en hartseer. MAAR DIT IS NIE PMS NIE!
en so in die gesprek oor haar pms, vertel sy toe vir ons maar seuns se pms is heel anders.
hulle kry wet dreams…
dit verklaar soooo baie.

Kindersêgoed
Maart 25, 2009my mak bobbejaantjie het gisteraand, na ek vir hom droë brood gegee het, teruggekom en gevra ek moet dit vryf…

die lot van ‘n tuindwergie
Maart 18, 2009wil iemand nie dalk maar die outsurance dwergie ontvoer en op ‘n oorsese trip vat nie? ek dink daar was lanklaas een wat ‘n breek so nodig gehad het…
um.
miskien nie breek nie. hy breek genoeg.
blaaskans.

visn(slap)tjips
Januarie 27, 2009die naweek het ek en my sewejarige ‘n bietjie kuslangs bettiesbaai toe gery om op die sandduine te gaan speel. op pad terug stop ek toe by ‘n winkeltjie op een van die dorpies langs die pad en koop vir ons vis en tjips om sommer langs die pad te gaan sit en eet.
teen R35 ‘n kop het ek gevoel is die prys miskien bietjie stewig vir ‘n stukkie hake en ‘n paar aartappels, maar daar is darem ook heelwat te sê van hoe ver mens op hierdie heilsame dis kan kom. so ek haal toe maar uit; ons vat die pad kuslangs en kry ‘n lekker kol om sommer so op die muurtjie te gaan sit en met ‘n uitsig middag te hou.
maar o weë, daar vind ek toe weer uit hoe waar die ou spreekwoord is: dit vat meer as ‘n visntjips winkel om visntjips te kan maak…
ok, daar is miskien nie so ‘n spreekwoord nie, maar daar behoort een te wees!
nou, ek gaan nie die winkeltjie (of die dorpie waar dit is) se naam noem nie, want my sewejarige het gesê sy hou daarvan; wat net wys, smaak verskil. kak smaak ook…
buite op die muur van die winkeltjie het een of ander grapkas (ek kan nie dink dat dit ‘n tevrede customer was nie) drie sterre met ‘n vet koki geteken en michelin chef daaronder geskryf. seker moontlik, alhoewel ek nie kan dink dat die amper nog rou aartappel en die bland vis regtig deur ‘n michelin chef gedoen sou wees nie.
wat ek wel seker is, is dat ‘n michelin chef ook nie sal weet hoe om visntjips te maak nie.
die spesifieke chef se claim to fame is dat die chips vars gemaak is – seker maar om seker te maak sy moenie te veel weggooi nie. dis sulke dik gesnyde skyfies wat mooi verm (dog, soos ek reeds genoem het, net neffens gaar) anderkant uitkom. saam met vis! uit ‘n visntjips winkel!
wattefok?
weet die mense nie dat vars vir ‘n visntjips winkel beteken dis daai selfde dag nog gemaak nie? nounet is ‘n toevalligheid. en die tjips moet net duskant mash wees. met so hier en daar ‘n lekker crispy ene tussenin. met sout en asyn. baie asyn. jou asem moet wegslaan as jy die pakkie so oopmaak.
die vis, aan die ander kant, moet lyk asof dit in olie gediepfraai is. met batter op. nie soos ‘n ding wat in ‘n ligte degie gedoop is en in ‘n pan gebraai is nie. ek wil nie vis onder die deeg sien uitsteek nie. en fokweetit, as dit dan nog so half blekerig is soos die velletjie wat op koffie lê wat lank gestaan het, moet jy liewers maar los.
gaan vra liewers vir ‘n portugees of ‘n griek hoe mens dit doen! hulle wéét. die naaste wat hulle seker kom aan michelin, is as hulle van daai vet wit mannetjie se taaiers op hulle ou fords sit.
maar gee vir hom ‘n stuk hake (en dit sal ‘n STUK wees, nie so ‘n pisserige flentertjie nie), en aartappels wit ‘n ordentlike, dikker-as-macdonalds-maar-dunner-as-jou-voël stukke gesny is, en hy skep vir jou ‘n meesterstuk.
vis n slaptjips. met baie asyn. mooi toedraai in daai wit waspapier goed. sodat ek kan weet, die pakkie wat hier langs my lê (of sommer so ‘n straat verder nog wag) is vol vis n tjips.
as ek gourmet vis soek, sal ek ‘n seared norwegian salmon by blues in kampsbaai gaan koop.
by die hoekwinkeltjie in iewerslangsnerens soek ek asseblief visntjips. met ekstra asyn.

nuwe bure
Januarie 15, 2009ons het nuwe bure. hulle het die begin van januarie ingetrek. ons het gisteraand kennis gemaak en sommer lekker daar oor die vibracrete muur gestaan en gesels.
dis die eerste keer dat ons kennis maak met ons bure, seinde nie ek of vroulief oordadig mens georienteerd is nie. die enigste ander keer wat ons die bure ontmoet het, was toe vroulief die buurvrou gaan uitkak het oor haar kat wat met ons kat moles gemaak het; ek het agterna getou om seker te maak die kat uitkak ontaard nie in ‘n catfight nie…
ewentewel, die skrywe gaan nie oor ons wat kak bure is nie.
my nuwe bure is blogbaar; dis will en grace!
nie soos op die tv nie; grace het meer lyf (en regte boobs), en will lyk meer soos jack as will.
sy is engels (maar haar afrikaans is glad nie sleg nie). hy is ‘n gay oukie van die platteland. kompleet met ‘n brei.
saam met hulle is daar twee honde en vier katte.
ek moet bieg, dis nogal lekker om ‘n slag jou bure te ken. en ek dink dis ‘n moerse treat om ‘n slag bure te hê wat regtig interessant is. of dan buitengewoon.
ek vermoed die mooi manne wat gaan party hou anderkant die konkreit gordyn gaan ook ‘n treat vir my tienerdogter wees – sy hou van na mooi mans kyk. en dié is die tipe manne wat ek glad nie omgee as sy kyk nie. sy kan maar gesels ook.
so die ene is vir die vreugde van nuwe bure. ‘n sitcom op my drumpel.